Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Chauvinistiese yunkyard" deur KOOS KOMBUIS
" Chauvinistiese yunkyard" deur KOOS KOMBUIS [boodskap #64491] Do, 04 Julie 2002 13:35
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Chauvinistiese junkyard
Koos Kombuis

'n mens kan 'n vrou se
karakter vóél
aan die manier wat
sy haar skoene aantrek
as sy fokof
en
aan die soort goed
wat sy vergeet in jou plek:
Tretchikoff-prints of 'n Chagall,
stukkende ketels; dis mal, mal, mal

só baie vrouens
het deur my huis gereis
en almal die deur
oopgelos
(wat 'n trek!)
hulle rubbish lê
hier orals rond: panties,
hoëhakskoene, selfmoordnotas, hoëtroustelle,
en paper clips
waarmee ons drome probeer
vassteek het aan mekaar.

maar gelukkig het alles
nou weer bedaar. dis net ekself,
my pyp, my tikmasjien, my lyf,
en my versameling gesigte.
wat 'n job
om alles te sorteer!
Kan vroue nie op één plek
bly met al hulle besittings nie?
hoekom
gaan hulle to pieces?
is dit fabrieksfoute
of iets met die sisteem van saambly
wat verkeerd is?
boonop klink hulle name
ook alles dieselfde.
Louise vir Grease,
Simone: sy's gone
Randi - Yolande - Brigitte - Elmaré
oogwimpers, orgasmes, leë yskaste,
lipstiffie, partytjies, ongeraamde
skilderye, vlekke van ou maandstonde
in my lakens.

miskien
kan ek hulle reuke wat nog hier bly hang
bottel en verkoop.

miskien
moet ek volgende keer
vergeet van die trek, die oop deur,
ens.
en wegloop saam met haar
net om te vóél hoe voel dit om te weet:
"Ek's klaar!"
Vorige onderwerp: " Dorp in die Boesmanland " deur GEORGE WEIDEMAN
Volgende onderwerp: " What abou' de lô " deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 14:00:20 MGT 2024